Liefdadigheid begin by die huis!
Onlangse Plasings
Lees 'n paar van ons nuutste plasings hieronder.

37. en Ek sal jou neem, en jy sal regeer oor alles wat jou siel begeer, en jy sal koning word oor Israel. 38. En as jy luister na alles wat Ek jou beveel en wandel in my weë en doen wat reg is in my oë deur my insettinge en my gebooie te hou, soos my kneg Dawid gedoen het, dan sal Ek met jou wees en vir jou 'n bestendige huis stig, soos Ek vir Dawid gestig het, en Israel aan jou gee. *** Kern gedeelte: "dan sal Ek met jou wees en vir jou 'n bestendige huis stig" Waar die teenwoordigheid van GOD nie in jou huis en jou lewe is nie, sal daar geen bestendigheid wees nie. Daarom spreek GOD vanoggend deur Sy Woord tot ons en sê vir ons, as jy luister na alles wat Ek jou beveel en wandel in My weë en doen wat reg is in My oë deur my insettinge en My gebooie te hou, dan sal Ek met jou wees en vir jou 'n bestendige huis stig. Die lewe gaan oor keuses, en waar ek vanoggend sit is die keuse eenvoudig, laat ander besluit soos dit hulle pas, maar ek en my huis, ons sal die HERE dien. Miskien is die boodskap dalk te reguit, maar as daar chaos in jou huis is, is dit omdat die "verderwer" rondloop soos 'n brullende leeu, en die vrees van hierdie wêreld het jou aangegryp. ------- GEBED. VADER, daar kom dae wat dit voel of die chaos in ons lewe te veel raak soos wat die "verderwer" die aanslae teen ons oprig. Maar dan kom die U Woord vanoggend tot my wat sê, wees stil, Ek sal vir jou stry. Dankie dat ons vandag besef, dat nie elke aksie het 'n reaksie nodig nie. Sekere sake moet slegs aan U oorgelaat word om mee te deel in U onpartydige opregtheid. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir bestendigheid en standvastigheid in ons lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Visie
Gaan terug na my volk, en begin by my mense. Rig hulle op, En laat hulle weet dat ons GOD uitkoms sal gee!! Want deur my Woord sal hulle die land weer in besit neem.



